Die minister van hoër onderwys sal Solidariteit se “eksklusiewe” Afrikaanse universiteit, Akademia, toemaak.
Dr. Blade Nzimande sal nie toelaat dat ’n hoëronderwys-instelling enige student toegang weier nie – al is dit op grond van taal – en hy
sal so ’n instelling sluit.
“Daar is ongelukkig geen plek vir rassistiese instellings nie – geen
plek nie. Ons sal nie so ’n instelling toelaat nie.” Geeneen van die histories Afrikaanse universiteite – Pretoria,
Stellenbosch, Vrystaat, Potchefstroom en Johannesburg (voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit) – is eksklusief Afrikaans nie.
“ Dus, nee. Een Afrikaanse universiteit sal eksklusief wees deur ander studente uit te sluit. ”
Nzimande, ook leier van die SAKP, het die afgelope week in ’n onderhoud met Rapport sy standpunt herhaal dat hy streef na
universiteite wat die reënboognasie weerspieël en waar toegang vir alle Suid-Afrikaners, ongeag die taal van hul keuse, verseker word.
“Dit is nie ’n standpunt téén Afrikaans as ’n taal nie. Om die waarheid te sê, ons respekteer Afrikaans. Ons wil leer by Afrikaans,
oor hoe die taal dit reggekry het om te ontwikkel tot ’n akademiese en wetenskaptaal van waar dit basies as ’n kombuistaal begin het.
“Dis ons eie taal. Ons wil dit nie vernietig nie.”
Op die vraag waarom hy nie ’n enkeltalige Afrikaanse universiteit steun nie, het Nzimande gesê: “Ons wil hê universiteite moet vir almal
kan toegang gee. Vir enige taal om vandag te oorleef, moet dit kan funksioneer binne die konteks waarin Engels ’n oorheersende taal is.”
Diegene wat beweer hulle wil die Afrikaanse taal verdedig, moet die realiteit van die wêreld begryp.
“Dít is die probleem, eerder as om na binne te kyk en almal anders as die vyand te sien.
“Ek is nie die vyand van die Afrikaanse taal nie. My oorlede broer was ’n Afrikaans-tweedetaal-
“Hy het altyd gepraat oor die noodsaaklikheid dat almal Afrikaans moet leer.” Tog meen hy dis ’n jammerte dat mense nie uit die geskiedenis leer nie.
“Dit was ’n Afrikaanssprekende Nasionale Party-regime wat tot ’n bloedbad in 1976 gelei het deur Afrikaans aan alle skole te probeer
opdwing.
LEES VERDER:
AFRIKAANSE UNIVERSITEIT IN AANBOUING
“Ons moet uit die verlede leer dit gaan nie werk nie. “Nou word ons geblameer terwyl baie mense in townships vandag
Afrikaans haat omdat hulle hul broers en susters in 1976 verloor het weens die feit dat die NP-regime Afrikaans aan ons almal wou opdwing.
“Dus, nee. Een Afrikaanse universiteit sal eksklusief wees deur ander studente uit te sluit.”
Oor sy mening oor Akademia, ’n private onderwysinstelling van Solidariteit wat drie jaar gelede gestig is en klasse aanbied vir
studente wat in Afrikaans wil studeer, het Nzimande gesê hy sal nie toelaat dat dit eksklusief bly nie.
“As dit die geval is, sal ons hul registrasie terugtrek. Ek gaan nie eens jammer sê daaroor nie.
“Dit is so dat die Grondwet mense in staat stel om private (onafhanklike) instellings op die been te bring, maar dit mag nie teen
iemand diskrimineer nie.”
“ Net omdat dit ’n private instelling is, beteken dit nie dat dit die reg het om teen ander studente te diskrimineer nie. Ons sal dit nie
toelaat nie. Om die waarheid te sê, ons sal hul lisensie terugtrek. ” Rapport het Nzimande daarop gewys dat Akademia nie op grond van ras
diskrimineer nie, maar vir Afrikaans staan.
“Hulle toets die water,” was Nzimande se antwoord. “Wat sal gebeur as ’n Engelssprekende student toegang tot die
universiteit wil hê?
“Net omdat dit ’n private instelling is, beteken dit nie dat dit die reg het om teen ander studente te diskrimineer nie. Ons sal dit nie
toelaat nie. Om die waarheid te sê, ons sal hul lisensie terugtrek.”
Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, het in reaksie gesê hy is nie bekommerd nie, want hulle is nie skuldig aan dit waarvan Nzimande
praat nie. “Ek hou net nie van die PW Botha-styl waarin hy praat nie.”
Akademia is ’n Afrikaanse instelling vir enige persoon wat hoër opleiding van gehalte in Afrikaans wil doen, het Buys gesê.
“Ons voldoen volledig aan dieselfde akademiese, gehalte- en ander toelatingsvereistes as die openbare universiteite.
“Daar is baie goeie samewerking met die departement van hoër onderwys omdat Akademia homself die afgelope drie jaar al bewys het. Geen
klagtes is nog van die departement ontvang nie; daarom voorsien ons vorentoe ook geen probleme met die departement nie.
“Soos met ons tegniese kollege, Sol-Tech, het ons ook al aangebied om instellings te help wat in ander inheemse tale hoër opleiding wil gee.
“Ons droom is om Akademia uit te bou tot ’n Afrikaanse ‘Harvard’, wat self ’n private universiteit is.”
Prof. Koos Malan, professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, het verduidelik die minister kan ’n private
onderwysinstelling net toemaak as dit op grond van ras diskrimineer.
Benewens Akademia bestaan daar geruime tyd reeds ander enkelmedium-Afrikaanse hoëronderwys-instellings. “Dié instellings mag nie mense op
grond van ras uitsluit nie en ek is ook nie bewus daarvan dat hulle dit doen nie.
“Nóg die minister van hoër onderwys nóg die direkteur-generaal het die bevoegdheid om te weier om ’n instelling te registreer of om dit te
deregistreer op grond daarvan dat dit net in een landstaal onderrig.
“As ek na die minister luister, lyk dit my dat hy homself by voorbaat aan vooroordeel uitlewer pleks van om hom van die regsposisie en sy
bevoegdhede te vergewis.”
Prof. Marinus Wiechers, voorheen professor in publiekreg aan Unisa, het gesê dit sal as ’n goeie toetssaak kan dien as dit in ’n hof sou
eindig.
“Taal is nie ’n grondslag vir ras-eksklusiwiteit nie. Taal is ’n kulturele grondslag wat uitdruklik deur die Grondwet toegelaat word.”